Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) sal voort gaan om in Afrikaans te kommunikeer.  Skenkervraelyste en brosjures is in Afrikaans en Engels beskikbaar by alle WKB bloedskenkklinieke asook op die webtuiste www.wcbs.org.za.

Afrikaanssprekendes maak ongeveer 49.70% van die huidige populasie van die Wes-Kaap uit (2011 Senusdata).  Uit die totale bloedskenkerbasis in die Wes-Kaap, is ongeveer 41.4% Afrikaanssprekend.  “Ons wil graag al ons Afrikaanssprekende bloedskenkers gerus stel dat ons sal voortgaan om ons vraelyste, brosjures en advertensies in Afrikaans beskikbaar te hê,” sê Michelle Vermeulen, Skakelbeampte vir die WKB.

Daar is twee bloeddienste in Suid-Afrika.  Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) voorsien aan die bloedbehoeftes van die Wes-Kaap en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) voorsien aan die bloedbehoeftes van al die ander provinsies. Indien u enige verdere navrae het, besoek gerus www.wcbs.org.za, skakel 021 507 6300, of rig ‘n e-pos na info@wcbs.org.za.